Wenner van die jagkompetisie bekendgemaak

Argieffoto (Foto: Sergey Pesterev/Unsplash)

As jy moeg word vir die lewe in die stad, is ʼn wegbreek na die Bosveld net wat jy nodig het!

ʼn Maroela-leser het die kans gestaan om ʼn jagnaweek vir twee te wen na Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm in die Vaalwater-omgewing, ongeveer 230 km buite Pretoria.

Baie geluk aan Pieter Lategan wat as wenner van dié lekker prys aangekondig is. Pieter se prys sluit in sy verblyf, ʼn ontbyt en ʼn aandete, en die jag van een rooibok.

Dis mos lekker, Maroela!

Hou gerus die webwerf dop – ons bied dalk binnekort weer ʼn soortgelyke kompetisie aan! As jy nie meer kan wag nie, besoek gerus Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm se webwerf vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.