Wenner van halfdag spa-bederf in Pretoria bekendgemaak

CSpa Wellness at The Blyde

Anèl van Niekerk van Johannesburg het ʼn halfdag spa-bederf gewen by CSpa Wellness at The Blyde.

CSpa Wellness at The Blyde is geleë in die ooste van Pretoria by Balwin Properties se nuwe The Blyde-huisontwikkeling. Die spa is geleë in die ontspanningsarea van The Blyde tussen die restaurant, gimnasium en mensgemaakte strandmeer.

Anèl en haar metgesel gaan lekker bederf word. Die halfdag spa-pakket sluit ʼn 60 minute-gesigbehandeling, 60 minute-voetbehandeling en ʼn 60 minute- volle lyfmassering in.

“Ek is só dankbaar, baie baie dankie! Dit is die beste nuus en ek is ongelooflik opgewonde. Hierdie bederfdag kom op die beste tyd moontlik,” sê Anèl in reaksie op haar prys.

Anèl is in 2012 met leukemie gediagnoseer en dit het haar lewe handomkeer verander. “Vir ‘n jaar en ‘n half is ek uit die samelewing geneem omdat my immuniteit afgebreek is. My dae was geken deur bloedoortappings, siekte, intense chemoterapie, isolasie en konstante moegheid. Ek het voor my diagnose aan depressie gely en die konstante siekwees en die verliese wat daarmee gepaardgegaan het, het die depressie vererger,” vertel sy.

“’n Beenmurgoorplanting van my boetie as skenker in 2013, het deur die genade van die Here vir my weer gesondheid gebring en ek is vasbeslote om die sappies uit elke sekonde te druk. Ek geniet elke oomblik ten volle. Ek werk weer voltyds as apteker, ek werk aan ‘n klassieke sangloopbaan en ek het Suid-Afrika ook vanjaar verteenwoordig in die Wêreld-oorplantingspele in Engeland, waar ek ‘n silwer medalje verower het.”

Anèl sê sy het ‘n baie besige maar goeie jaar agter die rug en só ‘n bederf sal ‘n ideale afsluiting op ‘n wonderlike jaar wees.

Sy beplan om haar ma, haar “grootste ondersteuner”, saam met haar te vat vir die lekker bederf. “Omdat ek elke sekonde so geniet, sal ‘n halfdag by die spa soos ‘n week lange vakansie op eiland voel!”

Kontak CSpa Wellness at The Blyde:
Facebook
Webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.