Wenner van Maroela se Swart Vrydag-kompetisie aangewys

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Ons moes almal hierdie jaar ons sente ʼn paar keer omdraai en soms die spaarvarkie oopbreek. Met Swart Vrydag om die draai wou Maroela een van ons lesers bederf met ʼn kontantprys.

Olani Boshoff is as die wenner aangewys van dié kompetisie. Sy ontvang R4 000 kontant. Olani werk by ʼn skool in Swartruggens in Noordwes en is van plan om die geld aan te wend vir skoolgoed vir haar eie kinders in graad 1 en graad 4 en skoolgoed vir van die kinders by die skool waar sy onderwyseres is. “Meeste van die kinders vir wie ek skool hou het nie eers ʼn paar skoene om aan te trek skool toe nie,” sê sy.

Baie geluk, Olani!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.