Jana Jacobs van Potchefstroom het vandag haar splinternuwe Renault Duster in ontvangs geneem nadat sy Virseker se stofopskopkompetisie gewen het.
Jacobs (38) sê sy het in haar hart geweet dat dié motor hare is, en dat sy sommer by die telefoon gewag het vir Virseker om haar te bel om die nuus te deel.
“Toe die foon lui was ek heeltemal oorweldig, maar ek dink dit was ʼn bestiering, want ek het net geweet dis my kar daai. Ons het hom so nodig gehad en ons het vertrou ons gaan dit [die voertuig] kry.”
Sy vertel ook dat haar man en familie geskok was en nie die nuus kon glo toe sy hulle vertel nie.
Jacobs en haar man deel een voertuig en met twee seuns in die gesin kom die nuwe Duster nuttig te pas.
“Ons was nie in staat om ʼn nuwe kar te koop nie, maar ons het een nodig gehad,” sê sy.
Sy sê hulle sien veral daarna uit om op vakansie te gaan met ʼn lekker groot, betroubare motor.
Hierdie kompetisie is moontlik gemaak deur Virseker, Renault en die gewilde TV-rugbyprogram Toks en Tjops.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Baie geluk skat.
Baie geluk Jana. Dit was jou beurt. My beurt is die vlg een. Hehe! Geniet hom terdeë!