Wenners van Bietjiebosfees-kaartjies aangewys

Liefhebbers van Afrikaanse musiek moet tussen 25 en 27 Maart 2022 hul kuier-vere regskud en kom kuier by die Bietjiebosfees in Klerksdorp. Die fees vind plaas by Western Pub & Grill se wildkamp en daar gaan gesing, gekuier, gedans en geëet word terwyl van die land se bekendste kunstenaars ʼn draai op die verhoog maak.

ʼn Persentasie van die kaartjieverkope sal ook geskenk word aan Droogtehulp met Burre Burger wat ook teenwoordig sal wees.

Die feesprogram bestaan uit plaaslike sowel as bekende kunstenaars met Meraldi Fourie, Nicholis Louw, Manie Jackson en Juan Boucher wat Vrydag die fees afskop.

Saterdag kom kuier Gideon Hunter, Mia, Spoken Two, Irene-Louise van Wyk, Demi Lee Moore, die Campbells, Jay, Ruhan du Toit en Steve Hofmeyr almal saam.

Sondag gaan ons dinge bietjie rustiger vat. Die tema is Gospel en Classics en ons begin die dag met een van ons plaaslike pastore, dr Deon Maritz, wat ʼn kort boodskap sal bring. Daarna gaan ons voort met die musiek van Dewald Gouws, Jannie Moolman, Chris Else, Matt Stern en ons sluit die naweek af met Ruhan du Toit.

Benewens die kunstenaars gaan daar ook kaskarre en gesigverf vir die jongspan wees, met nog ʼn verrassing of twee. Daar is nagenoeg 100 stalletjies en ʼn groot reeks nuwe voertuie wat ten toon gestel gaan word.

Die webwerf www.bietjiebosfees.co.za het al die inligting wat iemand kan benodig en ook skakels na akkommodasie, borge, interessante feite oor die kunstenaars en soveel meer.

Al hierdie pret en plesier gebeur in ʼn rustige atmosfeer van die plaas se wildkamp, so bring jou kampstoel, sonskerm, gemaklike skoene en jou gesin en geniet die wonder van Afrikaanse musiek saam met die Bietjiebosfees!

Koop jou eie kaartjies

ʼn Naweekpas se toegang vir al drie dae is slegs R300. Indien iemand slegs ʼn sekere dag wil bywoon, kos Vrydag en Sondag se kaartjies slegs R100 en Saterdag is R150. Kaartjies is in Klerksdorp beskikbaar by die Bosveld Slaghuis en ook aanlyn by www.itickets.co.za/events/458703.  Kinders 2 tot 12 jaar oud betaal halfprys.

Wenners van die dubbelkaartjies

Maroela-lesers het die kans gestaan om vyf dubbelkaartjies vir Vrydag, 25 Maart 2022 en vyf dubbelkaartjies vir Saterdag, 26 Maart 2022 na die Bietjiebosfees in Klerksdorp te wen.

Baie geluk aan Wilma Radyn, Mariaan Joubert, Marius Pitout, Yolanda Maartens en Antoinette Richter wat elkeen ʼn dubbelkaartjies vir Vrydag gewen het.

Baie geluk aan Huntyr van Deventer, Ina de Beer, Pieter Janse van Nieuwenhuys, Marlise Nel en Rene de Villiers wat elkeen ʼn dubbelkaartjie vir Saterdag gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.