Wenners van die kleuterboek-kompetisie aangekondig

NB Uitgewers vier Afrikaans en het ʼn stapel boeke weggegee aan drie gelukkige Maroela-lesers.

Die wenners is op 1 Oktober bekend gemaak.

Die eerstepryswenner ontvang 10 aktiwiteitsboeke, die tweedepryswenner ontvang vyf aktiwiteitsboeke en die derdepryswenner ontvang drie aktiwiteitsboeke.

Baie geluk aan Marzanne Henn van Kaapstad wat die eerste prys gewen het. Renée Hinze van Pretoria wen die tweede prys en Arina Roberts van Meyerton ontvang die derde prys.

Eerste prys

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van allerhande skrikwekkende monsters. Van trolle en drake wat vuur spoeg tot zombies en mummies kan kinders verskeie monstertonele skep. Hou klein vingertjies só op die langpad besig!

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van diere van dwarsoor die wêreld. Van ’n uitstappie op die plaas tot ’n opwindende safari kan kinders verskeie dieretonele skep. Hou klein vingertjies só op die langpad besig!

Met hierdie opwindende aktiwiteitsboek soek die kind nie net die regte pad deur elke doolhof nie, maar leer ook speel-speel tel. Die pen word gebruik om die regte hoeveelheid items in die sirkels neer te skryf en die skoonveepapier maak dit maklik om ’n fout uit te vee en oor te begin. ’n Reuse-plakkaat word ingesluit!

Soek die paadjie! Vlak 2 bevat ietwat moeiliker doolhowe en meer items om te tel. Met hierdie opwindende aktiwiteitsboek soek die kind nie net die regte pad deur elke doolhof nie, maar leer ook speel-speel tel. Die pen word gebruik om die regte hoeveelheid items in die sirkels neer te skryf en die skoonveepapier maak dit maklik om ’n fout uit te vee en oor te begin. ’n Reuse-plakkaat word ingesluit!

Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor die ruimte. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van verskeie aspekte, onder andere planete en sterre. Maak reg vir ‘n reis na die ruimte!

Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders se hand-oog-koördinasie en telvermoë ontwikkel word, terwyl hulle vir ure besig gehou word. Aktiwiteite sluit in teken en inkleur, soek die verskille, patroonherkenning, doolhowe, verbind die kolle, natrek en meer! Die verwyderbare bladsye bevat aktiwiteite aan die voor- en agterkant om ’n lekker leer-ervaring te verseker!

Hierdie boek bevat fassinerende dieretonele, met diere uit Afrika, asook plaasdiere en seediere en vele meer. Kinders kan meer as 1 000 items in die dieretonele soek terwyl telvermoë ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders vir ure besig te hou!

Hierdie unieke vouboek bevat verskeie historiese tonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende historiese tydperke!

Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.

Tweede prys

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van allerhande soorte en groottes voertuie. Skep tonele van besige strate en stasies tot warmlugballonne en ‘n ruimte-avontuur! Hou klein handjies so op die langpad besig!

Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor dinosourusse. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van die verskeie tydperke waarin dinosourusse gelewe het, asook die verskillende dinosourusse wat in hierdie tydperke voorgekom het. Maak reg vir ’n reis na die verlede!

Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders se hand-oog-koördinasie en telvermoë ontwikkel word, terwyl hulle vir ure besig gehou word. Aktiwiteite sluit in teken en inkleur, soek die verskille, patroonherkenning, doolhowe, verbind die kolle, natrek en meer! Die verwyderbare bladsye bevat aktiwiteite aan die voor- en agterkant wat ’n lekker leer-ervaring verseker.

Hierdie boek bevat fassinerende ruimtetonele, met vreemde planete en fantastiese ruimtetuie. Kinders kan meer as 1 000 items in die ruimtetonele soek terwyl telvermoë ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders vir ure besig te hou!

Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.

Derde prys

Met hierdie prettige boek kan kinders plakkerpret hê met 555 plakkers van perde en towerponies. Skep tonele in die towerwoud, op die reënboogbrug en by die ponieparade en ontmoet al die diere wat in die towerwoud woon. Hou klein handjies so op die langpad besig!

Hierdie unieke vouboek bevat verskeie dieretonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende soorte diere.

Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.

Bly op hoogte van NB Uitgewers se jongste boeke:
Facebook
Instagram
Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.