Wenners van die Melktertmeester-kompetisie aangewys

Die gedagte aan ʼn tuisgebakte melktert is genoeg om menige Suid-Afrikaner met heimwee te laat terugdink aan gesellige familiekuiers in ouma se kombuis.

Op 27 Februarie vier ons Nasionale Melktertdag en ter viering van dié eg Suid-Afrikaanse soetigheid wou Maroela Media graag twee lesers met ʼn Melktertmeester-stel uit ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, bederf!

Baie geluk aan Corrie van Zyl van Graaff-Reinet en Elsa Cronje van Wonderboom-Suid in Pretoria wat as wenners aangewys is.

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, ʼn bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in voor te sit.

Klik hier vir ‘n heerlike melktertresep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.