Wenners van die Wegbreekfees aangewys

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Die inwoners van Mbombela (Nelspruit) en Mpumalanga se omliggende provinsies kan in die nuwe jaar opnuut uitsien na ’n splinternuwe fees wat in dié stad kom draai.

Die Wegbreekfees sal op 29 April vir die eerste keer langs die Mbombela-stadion plaasvind.

Met die slagspreuk “Breek weg en leef reg” glo die organisasie aan die stuur van die fees daar gaan nuwe lewe in die Mpumalanga-gemeenskap ingeploeg word.

Die Wegbreekfees beplan ’n heerlike piekniekatmosfeer op die reusegrasperk langs die stadion waar toeskouers onder die bome kan kuier op hul eie kombers of kampstoel.

’n Reusekoepelverhoog word vanaf Gauteng aangebring en gaste kan vanaf 09:00 tot 00:00 kom kuier saam met hul gunstelingkunstenaars. Daar sal ’n speelterrein beskikbaar wees vir die kleinspan en ’n rits stalletjies sal kos en drankies verkoop.

Early Bird-kaartjies is nou teen ’n spesiale prys op Tixsa beskikbaar tot 31 Januarie.

Vir meer inligting oor die fees, besoek die webwerf.

Vyf gelukkige Maroela-lesers kon elkeen ’n dubbelkaartjie wen na die Wegbreekfees op 29 April 2023 in Mbombela, Mpumalanga. Baie geluk aan Lynette Coetzee, Delene Pienaar, Hendrik Lezar, Samantha Sinclair en Hanri du Plessis wat elkeen só dubbelkaartjie losgeslaan het.

.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.