Wenners van Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show-kaartjies aangewys

Die Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show is om die draai. (Foto: Verskaf)

Twee gelukkige gesinne of groep vriende gaan die naweek gratis die Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show by die Voortrekkermonument in die hartjie van Pretoria bywoon.

Lehane Jacobs en Hannelie Haarhoff het elkeen ʼn dagbesoekerskaartjie vir ʼn gesin van vier na dié unieke fees gewen.

Hulle gaan saam met talle ander avontuurlustiges die kans kry om tussen 2 en 4 September verskeie buitelewe-uitstallers wat van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens en 4×4-produkte op die mark beskikbaar het, te besoek.

Uitstallers is onder meer Tiger Wheel & Tyre, Conqueror, Pretoria Caravans, Wildog SA, 4×4 Megaworld, Sensation Boats & Caravans, Big John Clothing en Opposite Lock en alle uitstallings word ook aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sal word.

Besoekers kan verder uitsien na ʼn potjiekoskompetisie, snuffelmark sowel as ʼn pretpark vir die kleingoed.

Van die land se immergewilde Afrikaanse kunstenaars, onder wie Nicholis Louw, Arno Jordaan, Muller Brandt, Charné Grabie, Pieter Smith, Tian Nienaber, Skemer en Liza Brönner, sal ook sorg vir heerlike vermaak by die Hankook-verhoog.

Dagbesoekerskaartjies is aanlyn deur Ticketpro of by www.4x4outdoorshow.co.za beskikbaar en kan ook by die hekke tydens die geleentheid gekoop word. Klik hier vir meer inligting oor kaartjiepryse.

Uitstallers kan navrae aan [email protected] rig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.