Wenners: Vier fees in die Jakarandastad by Proe’toria

Daar word weer binnekort in die hartjie van die Jakarandastad fees gevier wanneer ʼn rits gesogte Suid-Afrikaanse kunstenaars en kosfynproewers by die jaarlikse Proe’toria-fees byeenkom.

Dié opwindende kos- en musiekfees vind op Saterdag 4 Maart en Sondag 5 Maart by Botaniese Tuin in Pretoria plaas.

Tien gelukkige lesers kon elkeen ʼn dubbelkaartjie vir die Proe’toria-fees wen, vyf vir Saterdag 4 Maart en vyf vir Sondag 5 Maart, en een gelukkige leser kon ʼn VIP-kaartjie vir vier mense vir óf die Saterdag óf die Sondag wen.

Baie geluk aan Marizaan Weber, Christia Maritz, Yvette Ellis, Nic Zwarts, Willem du Plooy, Karen Appel, Nelius Snyman, Peet van der Merwe, Dominique Pretorius en Jean-Marie Kumm wat elkeen ʼn dubbelkaartjie gewen het. Karlynka Stafford is die wenner van die VIP-kaartjie vir haar en drie vriende na die fees.

Hou Maroela Media dop vir nog lekker kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.