Wêreldbeker: Raai die eindstrydtelling en wen!

Suid-Afrika se Eben Etzebeth vier ‘n oorwinning saam met sy spanmaat, RG Snyman (4 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Shuji Kajiyama)

Jy staan die kans om ʼn ysmasjien ter waarde van minstens R2 000 te wen as jy die Rugbywêreldbeker-eindstrydtelling (tussen Suid-Afrika en Engeland) reg kan raai.

Die Springbokke het ʼn plek in volgende naweek se Wêreldbeker-eindstryd verseker toe hulle Sondag met 19-16 oor Wallis geseëvier het.

Engeland het Nieu-Seeland Saterdag op hul neuse laat kyk en hul gô uitgespeel toe hulle die All Blacks met 19-7 uitgeboender het.

Nou staan jy die kans om ʼn ysmasjien te wen, net betyds vir die vakansie – as jy die eindtelling korrek kan raai. Maak seker jy skryf in voor Vrydagaand, 1 November 2019 om 23:45.

Wen ʼn ysmasjien

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die wenner sal lukraak gekies word uit die inskrywings van persone wat die eindtelling van die wêreldbekerwedstryd tussen Engeland en Suid-Afrika op 2 November 2019 korrek geraai het.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die wenner se naam sal in die week van 3 November 2019 op Maroela Media bekend gemaak word sodat Maroela met die wenner kontak gemaak het.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydagaand, 1 November 2019, om 23:45.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die ysmasjien sal per koerier by die wenner afgelewer word.
  • Die waarde van die ysmasjien beloop minstens R2 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae