Konsentrasiekampe

Deursoek die databasis vir inwoners van die konsentrasiekampe.

Was jou oor-oumagrootjie in die konsentrasiekamp gedurende die Anglo-Boereoorlog? Was jou oupagrootjie ʼn kind in die kamp en dalk die enigste oorlewende van sy gesin? Het jou ouma stories vertel van hoe sy as kind die konsentrasiekamp beleef het?

Dit is reeds 110 jaar sedert die einde van die Anglo-Boereoorlog, maar ons mag nooit vergeet wat hierdie skamele bykans vier jaar van oorlog aan ons land en sy mense gedoen het nie. As deel van die viering van 110 jaar sedert die beëindiging van die Anglo-Boereoorlog, reik Kraal-Uitgewers vanjaar die vyfde boek in die Erwe van ons Vaad’re-reeks uit met die titel Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902. Klik hier vir meer inligting oor die boek.

Elizabeth van Heyningen het ʼn omvattende databasis saamgestel met inligting oor elke naam, kamp en plaas wat in dié stadium tot haar beskikking was. Die databasis word deur die Universiteit van Kaapstad gehuisves. Die inligting verskyn dus in Engels, soos wat Van Heyningen dit oorspronklik opgestel het

Deursoek die databasis vir inwoners van die konsentrasiekampe.