Deursoek die konsentrasiekampe

Indien die onderstaande skakel nie werk nie, kan jy die databasis hier deursoek.

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wilhelm Steyn ·

Ek het tevergeefs gesoek na die naam van my ouma wat in die Potchefstroom konsentrasiekamp was. Sy is Wilhelmina Jacoba Steyn, nee Engelbrecht. Haar seun, Hendrik Gabriel was as kleuter saam met haar in die kamp. Ek is in besit van ‘n bandopname waarin sy van haar ondervindinge vertel.
Groete
Wilhelm Steyn

Nick ·

Ek het die selfde probleem en het die outeur van die data basis gekontak en hier is haar antwoord

Geagte Nick

Verskoon my as ek in Engels skryf.

I only have one Berning family on the database and they were in Johannesburg camp. I can send you the details if you wish, but they are on the website, so you have probably found them.

There are two other possibilities. If by any chance they were in Potchefstroom camp, those registers are missing. They might also have been moved to the Natal camps. I haven’t done those registers yet and they could be there. The trouble is that, although I have copies of the registers, it’s quite a job searching them. I hope at some stage to put them on the database.

Regards

Elizabeth
Elizabeth van Heyningen

Andries Breytenbach ·

My oupa van vaderskant is as 12-jarige kind deur ‘n swart kommando van die Engelse gevang en na die Balmoral konsentrasiekamp afgevoer. As kind was dit vir my altyd baie interessant om na sy vertellings te luister en dit is ‘n belewenis om op hierdie databasis die besonderhede daarvan op te spoor. Dankie vir ‘n mooi inisiatief.

Gert Kruger ·

My moeder is op 25 Mei 1898 gebore en sy het aan my vertel dat sy ‘n klein dogtertjie in die Merebank Konsentrasiekamp, naby Durban, was. My ouma, Jeanette Gertruida Wilhelmina du Toit, van wie ek geen inligting op die databasis kan vind nie, het aan haar vertel dat die Ingelse al die “kwaai” Boerevroue na dié kamp toe gestuur het en my ouma was een van hulle. Op ‘n dag het ‘n Ingelse offisier weer vleis (soos wat hulle dikwels gedoen het) aan haar oorhandig wat fyngemaalde glasstukke bevat het. Sy het so kwaad geword dat sy die stuk vleis met geweld na hom geslinger het. Die offisier het gekoets en die stuk vleis het agter hom aan die muur bly vassit!

wilma liebenberg de wit ·

My oupa groot was n WF Krugel.
Dit was my ouma se oupa
Sy het vertel dat die engelse hom wou ophang oor hulle beeste terug gaan steel het.

Dan oupa groot, SM Venter is iewers gelys in n oorlogsdokument in n museum in Bethal.?? Sy vrou was n JC Van Staden.

Chris Krugel ·

Hi Wilma,
Ek dink ons is dalk lank weg fam. My oupa groetjie was ook WF Krugel. Het jy enige ander info op die Krugels. Kan jy asb met ons deel.
Willem Krugel was een van die Slagtersnek Boere rebelle.

Dankie,
Chris Krugel

Malcolm Meyerowitz ·

My ouma was in Mafeking se kamp.Haaar naam was Elsie Johannes Van der Merwe.Sy is gebore op 23 Nov 1892.Daar is niks van haar opjulle data nie ??????

Danie de Jager ·

My oupa P C (Piet) de Jager was na Ceylon as banneling maar ek week nie of hy plaaslik in ‘n kamp was nie. Hy was van Fouriesburg en in die slag van
Magersfontein geveg. Hy het teruggekom en is in +- 1950 oorlede.

Marthie Klopper ·

Soek vergeefs na my ouma Matha Catherina Visagie by Middelburg kamp. Wel deur Elria Wessels bevestig dat sy daar was toe ek by haar navraag gedoen het.

Groete

Martie Klopper

Friso van der Wal ·

Ek is baie dankbaar vir die inligting, aangesien ek navorsing doen oor my voorouers en familie wat in konsentrasie kampe aangegou was. Ongelukkig word van die familie lede se van verkeerd gespel in die databasis. I.p.v. VAN DER WAL word dit VAN DER WALT gespel, ‘n probleem wat ons vandag nog meer worstel.
Ek wonder net hoe kan ek te werk gaan om dit reg te stel?

Corrie van der Linde ·

My ouma was in Klerksdorp Konsentrasiekamp gewees. Haar moeder was Barbara Jakoba Kristina Venter, sy was getroud met Jan Sarel Martinus Venter. My ouma was 14 jaar oud en haar naam was ook Barbara Jakoba Kristina Venter. Sy het ‘n broer Jakobus Daniel gehad wat 8 jaar oud was in daardie tyd. Een sustertjie is oorlede in die kamp, genaamd Lucia (weet nie op watter ouderdom nie). Hulle het van Klipplaatdrif afgekom.

Melt Hamman ·

My vrou se moeder, Anna Susanna van Loggerenberg, gebore 19 Mei 1896 te Petrusburg(?), was as 4-jarige dogtertjie in die Bloemfonteinse(?). konsentrasiekamp. Sy is oorlede gedurende 1963. Volgens ons inligting was haar moeder se naam ook Anna Susanna; Lg. het na die oorlog nog 4 kinders gehad. Die name wat ons onthou is: Nicolaas Johannes, Matthys(Tys), Trudie(Getruida) en Nicolene. Volgens ons inligting was Louw Wepener ‘n “groot” oom van haar. Ons sou baie graag die’ geskiedenis verder wou opgevolg het; hoe gaan ons te werk?

Lampies Lamprecht ·

Ek is n versamelaar van die ABO pogeskiedenis.Ek konsentreer op die korospodensie wat tussen die Konsentrasiekampe en POW kampe plaas gevind het !!
Het ook reeds op fantastiese stories en materiaal afgekom.Sal graag my materiaal deel asook wil skenk vir volksbehoud.Enigge persoon wat belang stel kan my
Kontak by 0828003091/[email protected]

Christina Magdalena Swart ·

Ek is besig met navorsing oor ons Stamboek en ek weet Ouma Christina was in die konentrasie Kamp. Ek weet dit vir ‘n feit. Ek wil net
graag weet in watter kamp my Oor-Oumgroontjie van my was Kan iemand dalk help?

Johan van Aardt ·

Ek het n doops kleed ge-erf wat deur my oor oume grootjie in n konsentrasie kamp gemaak was van n onderok wat deur iemand geskenk was vir die doel. Sy was n Scheepers wat uit die Vrystaat ofkomstig was. die name in die famielie was Heser, Aletta, Johanna. Wa haar name was weet ek nie maar vermoed dit moes in die lyn gewees het. daar is baie Scheeperse met die name gelys, maar volgens die briefie aangeheg tot die doopskleed was sy in n konsenrasie kamp op Lindley. volgens die webwerf was daar nie n konsentrasie kamp by Lindley nie. Het iemand dalk inligting van n kamp in die omgewing van Lindley, of na watter kamp die mense van Lindley omgewing gesuur was.

Dankie
Johan van Aardt

Johan van Aardt ·

was daar ooit n datum vasgestel waarop die “Verbrande Aarde” beleid onderteken was, of in aanfang geneem het.

Johan van Aardt ·

Waar kan ek inligting kry oor Koffiefontein konsentrasie kamp. Op die blad is daad geen inligting nie. was daar n Doornbult Konsenrasie kamp?

Marika van Wyk ·

Ja daar was ‘n Doornbult Konsentrasie kamp. Ek het hom in 2014 besoek. Niemand het meer geweet waar dit was tot die nuwe eienaars (Rina Widd) begin navorsing doen oor hul plaas omdat daar verskriklik baie goed in die veld gevind is. Sy moes toe uitvind dat dit die enigste konsendrasie kamp is wat mens van weet wat nog net so le soos dit gelos is. Dit is agter die Silo op die teerpad tussen Orania en Hopetown. Rina Widd gee dagtoere op die plaas en vertel jou al die geskiedenis en neem jou oral na die kamp en begrafplaas toe asook die Engelse Fort ens.

Ina van Rensburg ·

Ek soek inligting oor my oupa Komdt F.J. POTGIETER. Ek weet dat hy krygsgevange geneem is en in 1924 oorlede is. Wat het van hom geword na die oorlog en waar is hy dood en begrawe? Wil ook weet in watter konsentrasiekamp was my pa en sy susters/broers. Sy oudste suster was Aletta (Lettie) van Aswegen. Ander Potgieter kinders wat saam met lettie van Aswegen in die kamp was, is Annie (Kloppers), Maria (Mulder), Piet Potgieter, Frekie, Hermanus, Paul Potgieter (my pa), Hulle het van Potchefstroom en Hekpoort gekom. Weet iemand enigiets van hierdie Potgieter familie? kontak my by 082 579 3931.

CW Labuschagne ·

My ouma grootjie Anna Elizabeth Labuschagne is oorlede in Merebank konsentrasie kamp op 03/10/1902 .
Ek wil graag weet of my ouma Helena Dorothea Labuschagne(Botha )ook in dieselfde kamp as my ouma grootjie was,en indien nie , in watter kamp.
Al wat ek van haar weet is dat sy oorlede is in Mei 1932 en getroud was met Barend Christoffel Labuschagne wat dan ook ‘n krygsgevangene was op Bermuda.

Frans Rabie ·

Ek is in besit van ‘n 1899 SV Ned BIJBEL. In potlood is voor in die Bijbel ingeskryf: Oupa Willem Jakobus Prinsloo. Oorlede 27 Januarie 1900 op 62 jr 7mnde 27 dae. Die Ouma was Wilhelmina van Middelfontein. Ek vermoed dat Oupa Willem gesneuwel het tydens die oorlog. Ouma Wilhelmina het seker na die oorlog op Middefontein gewoon. Wie hierdie inskrywing in die Bijbel gemaak het weet ek nie,

Frans Rabie ·

Ek is in besit van ‘n ammunisie belt wat ‘n ene Boshoff van ‘n Engelsman afgeneem het tydens die oorlog. Die volgende stempel verskyn op die belt: R. DEWSBURY & SONS LTD WALSALL 1901. So ook besit ek nog ‘n belt met die volgende daarop: Lyle Brothers SADDLERS P. MARITZBURG. Ek is bevoorreg om nog een derde so ‘n ammunisie belt te besit, maar wat geen drukwerk op het nie en wat sekerlik tuis gemaak was.

louis nel ·

opsoek na van zyl, oupa was abram wynad van zyl nel, geen idee waar die nels aangehou was nie.

gys van rensburg ·

Genadige oorlewing van kampomstandighede, sowel as die winter sonder behoorlike skuiling. Vader was toe nog gevangene op Ceylon en is eers later vrygelaat.

Wilna du Plessis ·

Opsoek na rekords van my ouma aan ma se kant
Androjetha Wilhelmina Yakoba Nel van Rooyen… volgens familie was sy in Bloemfontein kamp… haar baba Wessel van Rooyen is oorlede in kamp.
Ek kan geen rekords opspoor nie.
Kon wel my ander ouma Wilhelmina Johanna Kruger opspoor wat volgens my pa as 14 jarigedogter help lyke versorg het en vir my pa gesê het sy het meer lyke gesien as wat hy ooit in sy lewe sou ….
haar kon ek opspoor in Bethulie… dankie.