5 gesonde peuselresepte vir kinders

Kinders is altyd op soek na iets om te eet – of hulle nou vir die eksamen leer, ʼn fliek kyk of net verveeld is by die huis.

Wanneer dit by kinders kom, is dit baie moeilik om streng te wees oor dit wat hulle eet. Hulle gaan altyd iets soeterigs of effens lekkerder as ʼn wortelstokkie met ʼn doopsous wil hê. En ons almal weet dat hulle eerder die pakkie aartappelskyfies in die kas sal eet as daar nie ʼn ander opsie is nie.

Maroela Media het vroeër idees vir vinnige, gesonde peuselhappies vir kinders gegee. Hierdie resepte kan jy met min voorbereiding gebruik, veral as die honger knaag en jy op jou voete moet dink.

Die volgende resepte verg ʼn bietjie meer voorbereidingstyd vooraf. Dit is ʼn goeie idee om hierdie resepte oor ʼn naweek of op ʼn dag met genoeg tyd tot jou beskikking voor te berei en dit dan te hou vir gedurende die week, sodat die kinders iets gesonds het om te eet. Hierdie peuselhappies werk ook perfek vir die kosblik!

Piesang-muffin

Piesang-muffin (Foto: Yummy Toddler Food.com)

Hierdie gesonde muffin bevat geen suiker nie en word gemaak van veselryke hawermout en volgraanmeel. Vir ʼn nog meer aanloklike opsie kan jy sjokoladesplinters bo-op elkeen sprinkel voor jy dit bak.
Kry die resep hier

Spek-, kaas-en-broccolikoekies

kosblikkie-spek-2-2.jpg

Spek-, kaas-en-broccolikoekies (Foto: Maroela Media)

Hierdie koekies versteek die broccoli so goed, jou kinders sal nie eens weet hulle eet groente nie. Braai dit in min olie om die vetinhoud te verminder. Jy kan ook die helfte van die koekmeel met patat of aartappel vervang vir ʼn meer natuurlike peuselhappie.
Kry die resep hier

Tuisgemaakte energiestafies

Tuisgemaakte energiestafies (Foto: Minimalist baker.com)

Energiestafies is, soos wat sy naam sê, hoog in energie (lees hoog in kilojoules). Al die bestanddele is wel goeie bronne van energie en bied ʼn mens meer as net leë kilojoules. Elke bestanddeel het bykomende voordele, wat hierdie stafies ʼn lekker peuselhappie maak wanneer jou kind ʼn aktiewe dag gaan hê.
Kry die resep hier

Muffin-quiche

Vinnige fop-quiche (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Jy kan enige groente insit waarvan jou kinders hou, en hierdie muffin-quiches in die yskas hou vir wanneer hulle honger raak. Dit word maklik in ʼn muffinpan gebak en verg baie min moeite.
Kry die resep hier

Energieblokkies

Energieblokkie_kosblikkie.jpg

Energieblokkies (Foto: Maroela Media)

Hierdie blokkies bevat geen verfynde suiker nie, slegs heuning. Dit is eenvoudig om te maak en kan lank vars bly.
Kry die resep hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae