Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Bevriesing en voorraadkos

(Foto: Verskaf)

Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist, deel gesonde praktyke om toe te pas om die bederf van voedsel te voorkom.

Vleis/Proteïne

  • Rou vleis in groot maat (5 kg plus) moet binne 24 uur gaar gemaak word.
  • Rou bevrore vleis in groot maat (5 kg plus) moet verkieslik plat verpak word om vinniger te ontdooi.
  • Rou bevrore vleis in groot maat moet in die yskas ontdooi.
  • Gaar vleis in groot maat moet dadelik oop gekrap word in plat panne sodat die oppervlakte van verkoeling vergroot word en die vleis in die kortste tyd moontlik afkoel tot 17 °C.
  • Gaar vleis mag nie in ʼn ys‑ of vrieskas geplaas word om vinniger af te koel nie. Die interne temperatuur van die kaste sal verhoog en ander voedselsoorte sal negatief daardeur beïnvloed word.
  • Instruksies vir die ontdooi en gebruik van gaar bevrore voedsel in verpakking moet duidelik op die etikette aangedui word. Voedsel moet in die yskas ontdooi en daarna verhit word tot bo kookpunt sodat enige skadelike mikrobes wat daar kan wees, vernietig kan word.
  • Bevrore verhitte proteïen in disse mag nie weer verkoel of verhit word nie. Skep eerder uit die gereg wat in die yskas ontdooi is en verhit.
  • 6 maande bevriesing maksimum
  • Biltong vries vir maande goed, maar draai eers in ʼn linnesakkie toe voordat dit gestoor word. Haal uit wat jy nodig het en laat eers wind droog vir ʼn uur of wat voordat dit gebruik word.

Stysel
• Rys is ʼn veiligheidsrisiko en moet presies soos vleis hanteer word as dit gaar is. Vinnig afgekoel word en ook net een maal verhit word nadat dit ontdooi het.
• Pasta, rys, mielierys, stampmielies, gort, ensovoorts moet al dente gaargemaak word; nie deurgaar nie, want die produk word weer verhit en sal pap word en ook waterig wees. So, kook dus net tot amper deurgaar; daar moet nog ʼn bros byt wees.
• Persoonlik verkoel ek pasta en rys na gaarmaak met koue water om die kookproses te stop en die brosheid te behou. Daarna roer ek olyfolie deur sodat die stysels nie aan mekaar vasklou nie. Skep dan uit en bevries indien dit individueel verpak sal wees. Skep so plat moontlik in sodat dit vinnig kan ontdooi.
• Indien stysel in ʼn laag bedien word, skep ek die gereg, bv. kerrie en rys, onderste bo in sodat my koshuiskind net die bakkie kan omdraai in sy bord en die lae lê reg. Dit is persoonlike keuse.

Bevrore aarappelskyfie4s

  • 6 maande bevriesing maksimum

Groente

Eiers

  • 3 maande bevriesing maksimum
  • Vries perfek. Die geel en wit kan geskei bevries word of die hele eier in die dop of uit die dop. Merk die pakkies met eiers, want ek het al met eierwit foute gemaak. Vries eiergele met ʼn druppeltjie water bo-op in yshouertjies en druk uit sodra gevries en stoor in lugdigte houers.

Besoek Annelien Pienaar se webwerf en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.