Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Elektriese mengers

(Foto: Verskaf)

My staanmenger is al 22 jaar oud – ʼn geskenk wat ek vir my 21ste verjaardag van my pa gekry het. Al die moontlike probleme was toe nie in die handleiding uiteengesit nie en die menger het ook nie gekom met die bypassende moersleutel nie.

Annelien Pienaar is ʼn voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Kenwood-mengers

Dit is baie belangrik wanneer jy jou menger gebruik en die bak uitskraap dat daar geen droë bestanddele agterbly nie. Indien dit wel gebeur beteken dit dat die haak te hoog is.

Selfs met brood knie is die deeg nie veronderstel om droë kolle onder in die bak te laat nie.

Deesdae is die jongste Kenwood-mengers almal toegerus met ʼn volledige handleiding en die moersleutel is ingesluit.

Daar is egter ook Kenwood staanmodelle wat nie met moere op die hakke toegerus is nie. Maak dus seker voor jy ’n staanmenger aanskaf dat jy hierdie faktor in gedagte hou. Ek verkies om self die hoogte te kan stel, maar jy betaal egter meer vir hierdie opsie.

As jy na die verskillende spane vir die mengers kyk sal jy ’n moer aan die bopunt sien. Daardie moer moet na bo geskuif word sodat die spaan langer kan word. Plaas ’n 5c-muntstuk in die bak en draai die lem. As die lem die muntstuk eweredig met elke draai skuif is die lem se hoogte vir optimale meng perfek reg. As die lem die muntstuk effens raak en soms oorslaan om te skuif in die bak, is die lem nog te hoog.

(Foto: Verskaf)

Kitchen Aid

Hierdie mengers se spane het nie moere nie. Maar die staanmodelle wat oopslaan na agter, het teen die rugkant ’n swart skyfie met ’n gleufie in. Hierdie gleufie is die plek waar die spaan langer en korter verstel kan word. Neem net ’n 5c-muntstuk om die skyfie te draai. Kloksgewys is langer en antikloksgewys korter.

Kitchen Aid-mengers wat met die slingertjie op en af beweeg se swart skyfie word teen die kante van die menger se kop gevind en word presies soos hierbo met ʼn Kenwood-menger verstel.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.