Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Maak jou eie hand- en omgewingsreiniger

Secret of Thieves- reinigingsmiddel (Foto: Verskaf)

Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist, gee hierdie week wenke om die koronavirus te beveg.

Die wêreld is in rep en roer om so gesond en higiënies moontlik te leef totdat die koronavirus die wyk geneem het. Winkelrakke word gestroop en diegene wat dit nie kan bekostig nie sit sonder hulpmiddels.

Deur die eeue is kruie gebruik om siektes mee te dokter, praktyke waarna vandag verwys word as alternatiewe medikasie. My liewe moeder was bekend vir haar liefde vir kruie en natuurlike geneesmiddels. Ek het deur haar boeke geblaai en op ʼn paar aantekeninge afgekom wat ek dink van toepassing is vir ons situasie rondom die koronavirus.

Kennis is mag. Ons veg tans teen ʼn virus en moet ook dien ooreenkomstig die virus takel. Sommige resepte wat die rondtes doen is vir bakteriële en swaminfeksies ontwikkel. Maak seker dat jy dan eerder ʼn anti-mikrobiale middel aanskaf. Dit sal dus al drie die mikrobes takel en vernietig.

‘The Secret of Thieves’- essensiële olie

Die mengsel van asyn en sekere essensiële olie het ʼn storie van sy eie wat in 1413 afspeel. Europa en Asië was geteister deur die groot plaag builepes – ʼn bakteriële infeksie wat met verkoue- en griepsimptome begin het en oor ʼn periode van vier jaar die lewe van nagenoeg 150 miljoen mense geëis het.

Vier opportuniste het die dooies jare lank beroof en nooit siek geword. Die dag toe hulle vasgetrek word wou die mense weet hoe hulle dit reggekry het om nooit siek te word nie. Hulle het hul hoede en maskers met ʼn mengsel van asyn en essensiële olie deurdrenk en só nooit besmet geraak met die bakterie.

Deesdae is die Secret of Thieves reeds vooraf vermeng vir jou gerief. Nietemin kan dit vermeng word soos hier onder in die resep uiteengesit.

Secret of Thieves– reinigingsmiddel

Rou appelasyn bevat al die nodige lewende mikrobes om virusse te kan beveg. Maar die reuk is sterk en kan klein kindertjies en sensitiewe neuse irriteer. Om velirritasies te voorkom kan aalwynjel bygevoeg word om die vel gesond te hou.

Die keuse van die essensiële olie het te doen met suiwering van die lug en ook die ontsmetting van oppervlaktes en die hande. Waterstofperoksied is ook ʼn opsie om vir sanitasie te gebruik in plaas van asyn, maar moet verdun word in ʼn verhouding van 3% tot 1 liter water.

Resep: Sproei-reiniger

Bestanddele

  • ½ t Sunlight Liquid
    1 e olyfolie
  • 100 ml rou appelasyn
  • 1 liter water
  • 30 ml aalwynjel (Aloe vera)
  • 2 druppels essensiële olie: kaneel-, naeltjie-, roosmaryn-, bloekomolie
  • 5 druppels essensiële olie: lemoen-, teeboomolie

Metode

  1. Meng essensiële olie eers met olyfolie, Sunligh Liquid en aalwynjel. Daarna word die res van die bestanddele saam in ʼn spuitbottel gemeng.
  2. Gebruik ʼn donker bottel want essensiële olie is ligsensitief en die houer moet in ʼn donker kas gestoor word.

Wenk: Die olie kan vervang word met ʼn kombinasie essensiële anti-mikrobiale olie (Secret of Thieves) wat by www.heavenlydew.co.za verkrygbaar is.

Resep: Jel-handreiniger

Bestanddele

  • 150 g Aloe vera- gel
  • 30 ml lysterbessieboom (witch hazel) essensiële olie of enige ander olie wat vir jou heerlik ruik
  • 8-10 druppels Secret of Thieves

Olie kan ook in branders of stoomverspreier gebruik word om ’n vertrek te ontsmet. Onthou om genoeg vars lug deur die huis te laat beweeg en kom gereeld in die son.

Meng al die bestanddele saam en stoor in ’n houertjie van jou keuse. Hierdie resep kan maklik verdubbel word.

Uit Annelien se kombuis is my wense aan ieder en elk wat hierdie artikel lees dat jy en jou geliefdes die koronavirus mag vryspring.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

Besoek Annelien Pienaar se webwerf en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bella ·

hierdie resep gaan nie werk nie, waar is die alcohol?

These are the ingredients you’ll need:
2/3 cup 75% isopropyl alcohol
1/3 cup 92% aloe vera gel
8 – 10 drops of essential oils
Bowl and spoon to mix it all together.
A basic funnel to get your hand sanitizer into a bottle.
Plastic travel bottles for storing the hand sanitizer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.