Soorte resepte:

Aptyt: Jou gratis Maroela-resepteboek is hier!

Jy kook en bak al 10 jaar lank saam met ons, en nou is ʼn keur van dié resepte in ʼn boekformaat beskikbaar.

Soos Susan Lombaard, Maroela Media se uitvoerende hoof sê: “As jy Afrikaans is, is jou nostalgiese herinneringe aan familietye altyd deurweef met die geure en smake van kos wat met hierdie spesiale tye voorgesit is.”

As deel van ons 10 jaar-verjaardagvieringe, maak ons graag ons egte Maroela-resepte in boekformaat beskikbaar. Ons boek se naam is Aptyt, want dit is resepte vir enige tyd.

Kom smul saam tydens Opstaantyd, Teetyd, Snoeptyd, Partytjietyd en met Braaityd. Van ʼn eierbroodjie-met-ʼn-kinkel en boeretroos-koekies tot biltong-en-kaasbolletjies, springmielie-stokkielekkers en ʼn fênsie braaibroodjie om jou vriende met die volgende huisbraai mee te beïndruk. Daar is tot selfs ʼn paar wenke vir jou volgende braai.

Moet dus nie op jou laat wag nie, klik hier om jou resepteboek sommer nou af te laai.

Dis mos lekker, Maroela!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.