Soorte resepte:

Basiese pannekoek

Foto: tarasmulticulturaltable.com

Foto: tarasmulticulturaltable.com

Bestanddele:
500 ml (280 g) Snowflake-koekmeel
2 ml sout
2 ekstragroot eiers
500 ml water
5 ml brandewyn of vars suurlemoensap
Kookolie vir braai
Kaneelsuiker vir oorsprinkel

Metode:
1. Sif meel en sout saam.
2. Klits eiers, water en brandewyn saam. Voeg by droë bestanddele en klits tot beslag glad en klontvry is. Laat minstens 1 uur staan voor gebruik. As die beslag te dik is, voeg nog water by.
3. Smeer ʼn groot swaarboomkastrol liggies met olie en verhit. Giet genoeg beslag in pan om boom te bedek en braai tot onderkant liggies verbruin. Keer om en braai ander kant. Sprinkel kaneelsuiker oor en rol op.

Resep oorspronklik gepubliseer in Die Uitsonderlike Snowflake Versameling
Uitgewer: RandomHouseStruik
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.