Soorte resepte:

Bertus Basson blaas weer lewe in Kaapse restaurante

Bertus Basson. (Foto: Verskaf)

kykNET en die gewilde Suid-Afrikaanse sjef en restaurant-entrepreneur Bertus Basson soek weer Wes-Kaapse restaurante om aan die tweede seisoen van die gewilde oormaakreeks, In die sop: Restaurant-evolusie, deel te neem.

Basson, wat ’n handjievol restaurante in Stellenbosch besit, wil nou nóg Wes-Kaapse restaurante help om te vernuwe en uitblinkers te word. Restaurante, van Paternoster tot Mosselbaai en van Napier tot Touwsrivier, wat wil baat vind by Basson en die dekorkenner Missi Overturf se kennis en ervaring, kan nou inskryf vir die nuwe seisoen wat in 2022 op kykNET te sien sal wees.

Soos voorheen gaan daar in elke episode gewys word hoe die In die sop-span ’n restaurant binne die bestek van drie dae verander. Hulle kan enigiets van die naam, dekor en uitrustings van die personeel tot die spyskaart en die kombuisuitleg verander. En volgens Basson is enige restaurant ’n geskikte kandidaat vir In die sop.

“Dit maak nie saak of iemand ’n koffiewinkel, koswaentjie of meer spoggerige restaurant besit nie, die belangrikste is dat die eienaars bereidwillig moet wees om dit te verander,” sê Basson.

“Die eerste seisoen het ons stoutste verwagtings oortref en die kykers het gehou van die goedvoel-manier waarop ons die oormaaksessies hanteer het.

“Ja, dit was soms moeilik om die eienaars te oorreed om te verander, maar op die ou einde het In die sop altyd positiewe resultate behaal.”

Só sê die eerste seisoen se deelnemers:

  • “Om te deel te wees van In die sop was soos Kersfees. Die span en almal kom in en jou plek kry ʼn nuwe voorkoms terwyl hulle jou van nuwe disse leer. Boonop help dit om jou om geldelik weer sterker te maak.” – Sumyne Kock-du Preez, Die Herehuis, Malmesbury
  • “Die In die sop-ervaring is die kans van ʼn leeftyd en boonop ’n geleentheid wat min oor ʼn mens se pad kom, veral in ʼn tyd soos die Covid-19-pandemie. Dit is ’n kans om die werklike potensiaal wat jou plek bied te ontgin en te wys wat jy kan bied en doen e om te oorleef. Terselfdertyd ondersteun jy jou personeel en help hulle ook groei.” – Carol Collins, Readers Restaurant & Grill, Tulbagh
  • “Die blootstelling wat In die sop jou onderneming gee, is van onskatbare waarde. Dit het ons beslis bekend gemaak oor die hele land, want ons gaste kom nou van oral oor. Dit is duidelik dat mense die program baie geniet het en ek reken die helfte van ons kliënte besoek ons nou as gevolg van ons deelname aan die program.” – Gielie de Kock, Marsanne’s Restaurant & River Breeze Venue, Witsand
  • “Ons is regtig weggesteek en min mense het geweet van ons bestaan. Die program bring daagliks inwoners van ons eie dorp, wat amper ná twee jaar steeds nie geweet het van ons nie. In die sop het baie deure vir ons oopgemaak en hier was al besoekers van Durban, Pretoria en Johannesburg wat ons op kykNET gesien het. Sulke soort blootstelling sou ons nooit op ons eie kon vermag nie.” – Anton Hougaard, Jaart, Wellington
  • In die sop was werklik die antwoord ons ons gebede. Die hele ervaring is iets wat ons vir niks in die wêreld sal verruil nie, want dit het ons restaurant baie verbeter en dit op die map Ons kry soveel nuwe gaste as gevolg van ons deelname. Skryf in, dit is die beste wat jy vir jou restaurant kan doen!” – Hentie van der Merwe, Kossie Sikilela, Darling

Besoek www.kyknet.tv vir nog inligting en om in te skryf. Die sluitingsdatum is op 31 Oktober 2021.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elmarie

Ek het die vorige reeks baie geniet, kan nie wag vir die nuwe reeks nie

Plaaskind

Hy irriteer my vreeslik.

Elmarie

Mal oor Bertus en al die programme wat hy doen. Die jong kokke een was ook puik. Hy praat altyd mooi met mense – niks gegil en gevloek. Eendag, Bertus… Eeeendag as my skip kom gaan ek nog by een van jou restaurante eet.