Soorte resepte:

Beste restaurante in die land aangewys

Sjef Gregory Czarnecki (Foto: Instagram via Waterkloof Wines)

Die jongste lys met Suid-Afrika se beste restaurante is Sondagaand by die 2018 Eat Out Mercedes-Benz- restauranttoekennings by Grand West in Kaapstad aangekondig.

Vir die eerste keer sedert 2012 is daar ’n nuwe restaurant bó aan die lys.

The Restaurant at Waterkloof in Somerset-Wes het dié posisie ingeneem en het ook weggestap met die titel van restaurant van die jaar. The Test Kitchen in Woodstock het in 2017 dié prys ontvang.

The Restaurant at Waterkloof het twee plekke opgeskuif van sy derde plek verlede jaar. Sjef Gregory Czarnecki het gesê dié restaurant “kook uit liefde vir dié kuns”.

“Ons kook omdat dit ons passie is en ons genot daaruit put. Om daarvoor erkenning te kry is ’n wonderlike gevoel. Ek is regtig trots op die span en wat hulle bereik het. Dit is absoluut ongelooflik,” het Czarnecki gesê.

The Restaurant at Waterkloof (foto: Facebook)

Kobus van der Merwe van Wolfgat in Paternoster is by dié geleentheid as sjef van die jaar aangewys.

The Test Kitchen is die wenner van vanjaar se Eat Out Diners klub- toekenning vir voortreflike diens. Moses Magwaza, die sommelier by Restaurant Mosaic at The Orient het vir die tweede jaar in ’n ry weggestap met die Eat Out- wyndiensprys.

Die restaurante wat gewen het, is gekies op grond van die punte wat hulle gekry het van ’n paneel van anonieme beoordelaars onder leiding van die bekende sjef Margot Janse. Die kandidate reg oor die land is besoek enige vooraf kennisgewing.

Die 30 benoemde restaurante kry die geleentheid om self te stem vir wie hulle as die beste sjef in die groep beskou. Vanjaar deel twee sjefs vir die eerste keer hierdie eer. Die wenners van die Eat Out Graham Beck- sjefs se sjefprys is Chris Erasmus van Foliage en Ivor Jones van Chefs Warehouse at Beau Constantia.

Die volledige lys wenners van die 2018 Eat Out Mercedes-Benz- restauranttoekennings is:

Eat Out S.Pellegrino & Acqua Panna- sjef van die jaar: Kobus van der Merwe van Wolfgat

Eat Out– restaurant van die jaar: The Restaurant at Waterkloof

Die tien top-restaurante is:

  1. The Restaurant at Waterkloof (Somerset-Wes)
  2. The Test Kitchen (Woodstock)
  3. La Colombe (Constantia-nek)
  4. Wolfgat (Paternoster)
  5. La Petite Colombe (Franschhoek)
  6. Greenhouse at The Cellars-Hohenort (Constantia)
  7. Restaurant Mosaic at The Orient (Pretoria)
  8. Camphors at Vergelegen (Somerset-Wes)
  9. Jardine Restaurant (Stellenbosch)
  10.  Chefs Warehouse Beau Constantia (Glen Alpine)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Geluk aan die wenners! Is daar regtig net een buite die Kaap wat die lys kon haal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.