Soorte resepte:

Boek: Nog ‘n voorskoot

1N4DK39.jpgHerman Lensing

Hierdie lekkerlees-kookboek is die tweede uit die pen van Herman Lensing, geliefde kosredakteur van Sarie. Dit is ingedeel in 10 hoofstukke, volgens Herman se gunsteling bestanddele: Appels en pere; Sitrus; Aartappels en patats; Uie en familie; Sampioene; Seekos; Hoender; Lam; Meel, Melk en eiers; en – natuurlik – Sjokolade. Die boek se kenmerk is die gemaklike styl waarmee Herman kook. Daar is nie tierlantyntjies nie, en geen resepte wat ure of dae neem om te kook nie.

Herman se geheim is kortpad-gaarmaakmetodes en kwaliteit bestanddele. In sy eie woorde: “Dis goeie bestanddele wat eenvoudig gaargemaak word, maar wat gelaai is met smaak en liefde. Kos sonder enige fieterjasies, net eenvoudige, lekker kos. Daar is geen rede vir ons om nie van elke ete ’n spesiale geleentheid te maak nie. Dek die tafel en drink goeie wyn. Gesels en sit mooi musiek aan. Haal daai borde uit wat jy vir spesiale gaste hou – jou familie is elke aand jou spesiale gaste.

Oor die outeur

Herman Lensing is in 2009 op 22-jarige ouderdom aangestel as Sarie se jongste kosredakteur ooit. Hiermee volg hy in die voetspore van bekendes soos Barbara Joubert en Peter Veldsman. Sy aansteeklike entoesiasme, uitstekende koskennis en begrip vir die alledaagse werklikhede waarmee lesers te doene het, maak vir ’n wenkombinasie.

Uitgewer: Human & Rosseau
Prys: R295.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.