Soorte resepte:

Boek: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes

9780624071839.jpgHilda Lategan

Statistieke bewys dat diabetes met ’n skrikwekkende tempo groei onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense, insluitend kinders, se lewens en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal help om jou diabetes en insulien-weerstandigheid onder beheer te kry en bevat:

– meer as 100 smaaklike en gesonde resepte
– resepte met maklik verkrygbare, bekostigbare bestanddele
– belangrike inligting oor tipe-1 en tipe-2 diabetes, swangerskapdiabetes, ingekorte glukosetoleransie en die glukemiese indeks (GI)
– ’n voedingstofanalise by elke resep
– wenke vir spyskaartbeplanning en inkopielys
– pragtige foto’s van die geregte

Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid-reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye en gebak en selfs iets vir die soettand.

Oor die outeur

Hilda Lategan is ’n ervare dieetkundige en bekende skrywer. Sy spesialiseer in die dieetkundige behandeling van mense met diabetes en insulienweerstandigheid asook voedselallergieë en siektes van die spysverteringskanaal. Sy is die skrywer van verskeie boeke en woon in Pretoria.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R250.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.