Soorte resepte:

Boerewors-kompetisie gaan voort tydens inperking

Olivier Kritzinger, wenner van die Boereworskampioenskap in 2019. Saam met hom is Yvonne Blaauw, naaswenner, en Magrieta Solomons, een van die tien top-finaliste. (Foto: Verskaf)

Die bekende Championship Boerewors-kompetisie, aangebied deur Shoprite en Checkers, gaan vanjaar steeds voort te midde van die Covid-19-pandemie.

Angelique Wagner, woordvoerder van Shoprite, sê hulle is nie seker of dit ten spyte van die inperkingsregulasies of as gevolg daarvan is nie, maar hulle het massas interessante inskrywings vir dié kompetisie vanjaar ontvang

“Honderde Suid-Afrikaners het reeds ingeskryf vir die kompetisie om Suid-Afrika se nr. 1-boereworskampioen vir 2020 te wees. Gegewe die aantal inskrywings wat ons sover ontvang het, is dit duidelik dat Suid-Afrikaners hul inperkingstyd gebruik om hul boereworsresepte op te skerp,” sê sy.

Wagner sê hulle het reeds ʼn wye verskeidenheid van resepte en geur-profiele ontvang, wat vanjaar se beoordeling interessant sal maak.

Championship Boerewors

Die Championship Boerewors-kompetisie is vanjaar reeds in sy 28ste bestaansjaar en gebruik jaarliks kenners uit die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (SACA) om die beoordeling te hanteer. Die beoordelaars gaan hul 30 beste inskrywings kies, voordat hulle ʼn top-10-boereworsresepte sal proe.

Vanjaar se finaal sal ʼn virtuele geleentheid wees, waartydens die beoordelaars die top-10-resepte sal proe en beoordeel. Die wenner sal ook by dié geleentheid aangekondig word.

Inskrywings sluit op Vrydag 19 Junie. Inskrywings kan hier gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

koos10 ·

Met alle respek teenoor die wenners, maar die afgelope paar jaar se wennerwors is glad nie vir my lekker gewees nie. Miskien gaan daar teveel moeite daarin en die ware gedagte gaan verlore. Tans koop ek by 2 tot 3 slaghuise wors teen R65.00 per kilo en die smaak is wonderlik.
Wennerwors teen R90.00 per kilo dink ek het ook met die smaak te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.