Soorte resepte:

Braaibroodjies “opgetert”

‘n Tradisionele Suid-Afrikaanse braaibykos vanuit ‘n heel ander hoek benader met vars basiliekruid en feta. Smaaklik!

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hout of houtskool

Bestanddele:
8 snye dag-oue witbrood
olyfolie
2 groot, ferm, vlesige rooi tamaties, in skywe gesny
1 groot ui, in baie dun skywe gesny
16 basiliekruidblare
2 wiele feta, horisontaal gehalveer (steeds in wiele, net die helfte so dik)
varsgemaalde growwe sout en swartpeper

Metode:
1. Smeer olyfolie met ‘n kwas aan een kant van elke sny brood.
2. Maak vier toebroodjies. Neem eers net vier snye brood en plaas op die ongesmerde kante skywe tamatie, dun skyfies of ringe uie, vier basilieblare per sny en ‘n dun wiel feta. Geur met sout en peper, besprinkel met nog olyfolie. Plaas die orige vier sny brood bo-op, gesmeerde kante na buite, en druk die toebroodjies liggies toe.
3. Braai oor lae hitte tot bros aan die een kant. Gebruik twee eierspane of spatels om dit versigtig om te draai en braai tot bros aan die ander kant. Sit dadelik voor.

Lewer 4.

Resep oorspronklik gepubliseer in Japtrap-braai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.