Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Alles wat jy oor eiers moet weet

Hierdie volledige en omvattende inligtingstuk oor eiers sal jou help om meer suksesvol te kook en te bak. DVanaf die kopkrappers rakende eierwitte styf klits vir meringues tot hoeveel ’n eierwit weeg en vele meer.

Annelien Pienaar is ‘n voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Eiergroottes
Jumbo: 66 g en meer
Ekstragroot: 59–66 g
Groot: 51–59 g
Middelslag: 43–51 g
Klein: 33–43 g

Eiergrootte-ekwivalente
Al my resepte word met groot eiers ontwikkel. Indien jy eier moet uitruil omdat die grootte verskil, het ek vir jou hier ’n uitruiltabel opgestel: Die boonste kolom is geskoei op ’n groot eier.

Eieromskakelings
Indien jy nie bang is vir somme maak nie, kan jy die volgende formule gebruik om die gewig van die dop, eierwit en geel te bepaal: 10% dop, 60% eierwit en 30% eiergeel.

Hoeveelhede vir rou eier
4 ekstragroot of jumbo eiers = 250 ml / 1 k
6 ekstragroot eierwitte = 250 ml / 1 k
12 ekstragroot eiergele = 250 ml / 1 k
1 ekstragroot eierwit = 2 e (30 ml)
8–10 groot eierwitte = 250 ml / 1 k
1 groot eiergeel = 1 e (15 ml)
1 groot eierwit = 2 e (30 ml)

Raklewe en berging van eiers

  • Eiers sal vir 4 tot 5 weke in die yskas veilig bewaar word by 4 °C.
  • Eiergele en eierwitte kan apart van mekaar in lugdigte houers tot 12 maande lank bevries word.
  • Gekookte eiers asook eiers wat oopgebreek is, kan vir 7 dae in die yskas bewaar word.

Hoe bepaal mens die varsheid van eiers?
Die dryftoets is die beste manier om varsheid van eiers te bepaal. Neem ’n deursigtige houer en vul met genoeg water sodat dit die eier met 3 x die lengte sal bedek.

Eierwitte
Soos in my kookboek asook op die webwerf praat ek baie oor die hantering, berging en gebruik van eierwit en gee raad … slaan jou boek oop en skryf die volgende feite neer.

  1. Eierwitte moet by kamertemperatuur gebruik word vir koeke, terte, soufflés en vele meer. Eierwitte klop tot hoër volume as dit koud is.
  2. Die ouderdom van die eier bepaal ook hoe styf die wit sal klits. ’n Ouer eier sal vir jou ’n loperige tekstuur gee soos in die geval met die maak van makrolletjies. ’n Week oue eier maak ook die heel beste meringues.
  3. Moenie in plastiekbakke eierwitte klits nie. Plastiekbakke bevat porieë en hou vette vas – en veral as dit nie BPA-vry is nie, sal dit ook estrogeen in die polimere bevat. Vet en eier is nie maats nie. Vet sal veroorsaak dat die eierwitte nie styf klits nie.
  4. Vee alle toerusting om eierwit styf te klits af met ’n asynlappie.
  5. Geen eiergeel in die witte nie. Eiergeel bevat lesitien (olierigheid) en sal dus die eierwitte nie laat styf klits nie.
  6. Vir elke eierwit wat styf geklits moet word, voeg 1 knippie kremetart by (’n knippie is ’n agtste van ’n teelepel). Kremetart is ’n suur en stabiliseer die eierwitte om nie weer uit te sak as dit staan nie.
  7. Eierwitte vir koeke wat styf geklits moet word, moet nie tot droë wit vlokke geklits word nie; dit sal tot gevolg hê dat die koek uitermatig in die oond krimp. Klits eierwitte net totdat jy die spaan se merkies in die meringue sien sit. As jy die spaan oplig, moet dit ’n puntjie maak en dalk liggies oorval. Moet egter nie droog klits nie. Jou koeke sal mooi plat rys en egalig gaar word en nie ’n droë tekstuur hê nie.

Eiervervangers
1 eier kan vervang word met:

  • 3 e kekerertjie-water of
  • 1 t psilliumdop of
  • 1 t xanthaangom of arabiese gom

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die inligtingstuk in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.