Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Drieboneslaai

Drieboonslaai (Foto: Annelien Pienaar)

Drieboneslaai is ’n gewilde slaai onder Suid-Afrikaners. Ek maak ’n variasie op die standaard slaai deur uie en knoffel in die sous in te werk en soms as ek nie ’n spesifieke boontjie in ʼn blikkie kan kry nie, gebruik ek vars groenboontjies of suikerertjies. ’n Heerlike slaai wat lank in die yskas hou.

Annelien Pienaar is ‘n voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

DRIEBONESLAAI

Bestanddele

  • 1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer en afgespoel
  • 1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 1 x 410 g-blik nierbone, gedreineer en afgespoel

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam en bedruip met basiese soetsuursous.

BASIESE SOETSUURSOUS

Bestanddele

  • 375 ml (1 ½ k) appel-, witwyn- of druiweasyn
  • 100 ml balsamiese asyn
  • 350 g (1 ½ k) klewerige bruinsuiker (treacle sugar)
  • 2 ml ( ½ t) borrie
  • 10 ml (2 t) droë dille of tiemie
  • 15 ml (1 e) mosterdsaadjies
  • 20 ml (4 t) mielieblom aangemaak met bietjie water

Metode

  1. Verhit al die bestanddele saam tot kookpunt en roer deeglik met draadklitser. Kook vir 5 minute by vinnige hitte sodat die stysel kan verdik.

Variasie

  1. Roerbraai 1 middelslag ui en ʼn handvol groenbone in ’n bietjie olie tot glansend. Voeg hierby ’n knippie sout en ʼn knippie suiker terwyl jy braai.
  2. Sodra die ui glansend is, voeg 1 t fyngedrukte knoffel en ongeveer ʼn ¼ k sesamsaad by en braai vir ʼn minuut. Voeg dan die basiese soetsuursous by en kook soos voorgeskryf.

Nota: Hierdie sous kan maande lank in die koelkas gehou word; die sous kan ook met sukses vir ander slaaie soos pasta- of rysslaai gebruik word.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.