Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Koperpennie-wortelslaai

Koperpennie-wortelslaai (Foto: Annelien Pienaar)

“Geurige en heerlike wortelslaai ingemaak om net vinnig van die rak te neem en te geniet. Hierdie resep is ook vinnig om voor te berei en die perfekte pasmaat vir ’n braai. Soms voeg ek rosyntjies by vir ekstra soetigheid,” sê Annelien Pienaar, voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Bestanddele

  • 5 L water
  • 2 t sout
  • 1,5 kg wortelringetjies, ongeveer 3 mm dik gesny en geskil
  • 300 g soetrissie, enige kleur, in blokkies of repies gesny
  • 300 g wit uie, fyn gesnipper
  • 1 selderystingel, papierdun skyfies

Kerrie-tamatiesous

  • 400 g (2 k) witsuiker
  • 375 ml (1 ½ k) bruinasyn
  • 250 g (1 k) tamatiepuree
  • 20 ml gladde Dijon-mosterd
  • 60 ml (4 e) mielieblom aangemaak met 50 ml water
  • ½ t kerriepoeier
  • ¼ t tot ½ t sout
  • ¼ t swartpeper, grof gemaal

Metode

  1. Voorverhit ’n kastrol met water en voeg sout daarby. Plaas die wortels in die kokende water en kook vir 5 minute. Die wortels moet nog bros wees; nie deurgaar en pap nie. Dreineer die wortels.

Kerrie-tamatiesous

  1. Meng al die bestanddele saam in ʼn groot kastrol en roer oor matige hitte vir die suiker om op te los. Sodra die suiker opgelos het, voeg die wortels, uie, seldery en soetrissie by en kook vir 8 minute.
  2. Sterilisering van bottels vir langer raklewe: Was en spoel bottels en deksels met warm seepwater. Plaas vir 10 minute in oond op 120 °C. Skakel oond af en hou bottels in oond.
  3. Skep dadelik die warm wortels oor in die warm flesse en seël dig. Plaas elke bottel op ʼn skoon, droë vadoek en laat goed afkoel.

Waarskuwing: Maak seker bottels is warm want dit sal bars as dit gevul word met warm inhoud. Bottels sal ook bars as dit warm afgevee word of op ʼn koue oppervlak geplaas word.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae