Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Paprika-baba-aartappels

Paprika-baba-aartappels (Foto: Annelien Pienaar)

Dié aartappelgereg is geskik vir ’n winter- of somerspyskaart. Die aartappel is heerlik gegeur met gerookte paprika en so vinnig en maklik om vir die hele gesin in ’n kits te berei.

Annelien Pienaar is ‘n voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 1 kg baba-aartappels (met skil), in helftes gesny
  • 5 e gegeurde sout van keuse
  • ¼ k olyfolie
  • 1 e gerookte paprika
  • 5 e parmesaankaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit oond tot 200 °C.
  2. Plaas halwe aartappel in baksakkie, draai die punt van die sakkie styf vas en druk onder die bondeltjie in. Mikrogolf op hoog vir 8 minute.
  3. Meng die gegeurde sout, paprika en parmesaankaas.
  4. Haal die sakkie uit en sprinkel olie oor die aartappels binne-in die sakkie. Maak die sakkie toe en vryf die olie oor die aartappels. Maak die sakkie weer oop en sprinkel die soutmengsel oor. Maak die sakkie toe en vryf weer.
  5. Keer die inhoud van die sakkie in ’n oondpan uit en bak vir 25 minute tot bros en bruin. Dien warm op met basiliekruidpesto.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.