Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Sjokoladesmeer

Sjokoladesmeer (Foto: Annelien se kombuis)

Iemand op my Boerekos met ʼn Twist-groep het gevra vir ’n Nutella-resep en hierdie was ’n variasie waarmee ek vorendag gekom het.

Hierdie sjokoladesmeer het meer as een variasie en jy kan self besluit hoe luuks jy wil gaan met die sjokolade.

Indien jy die karamel-opsie doen, smelt die karamel eers vooraf en klits die klonte mooi uit. Die karamel gee ’n meer souterige smaak aan die sjokolade wat dit nie so soet maak soos die kondensmelk nie.

Lewer ongeveer 500 ml

Bestanddele

  • 250 g Belgiese sjokolade (kan met ander sjokolade vervang word)
  • 250 g botter (dit moet botter wees, anders kry jy klonte)
  • 1 blikkie kondensmelk of karamel
  • 1 t vanieljegeursel of rum-geursel

Metode

  1. Kap sjokolade effens en plaas in dubbelkoker om te smelt. Sodra dit gesmelt is, roer die botter by totdat dit glad is. Roer dan die kondensmelk of gesmelte karamel by asook geursel van keuse.
  2. Skep in gesteriliseerde fles en hou lugdig. Die produk bly goed vir 6 weke sonder om in die yskas gebêre te word.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste hier. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.