Soorte resepte:

Resep: Geroosterde murgpampoentjie-, lemoen-en-rooi-uieslaai

Geroosterde murgpampoentjie-, lemoen-en-rooi-uieslaai (Foto: Gunsteling braairesepte/Lapa-uitgewers)

Met die lente wat wink is hierdie oorspronklike slaai perfek om by die volgende braai voor te sit.

Bestanddele

  • 60 ml Mooi River Clover-botter
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 6-8 murgpampoentjies
  • 1 rooi-ui in skyfies gesny
  • lemoene, afgeskil en in skyfies gebreek
  • 5 ml gerasperde lemoenskil
  • knoffelhuisie, gekneus
  • 5 ml Dijonmosterd
  • 15 ml witasyn
  • 10 ml strooisuiker
  • 45 ml olyfolie
  • 5 ml vars gekapte tiemieblare

Om op te dien (opsioneel)

  • granaatpitte
  • vars geskeurde kruisementblare
  • Clover-fetakaas

Metode

  1. Plaas die botter, olie en gemende kruie in ʼn klein pannetjie en verhit tot die botter gesmelt is.
  2. Sny murgpampoentjies in dun repe (gebruik ʼn mandolien of groenteskiller.) Verf albei kante van die murgpampoentjies met die bottermengsel en rooster vir 1-2 minute aan ʼn kant op die braai of in ʼn warm riffelpan op die stoof.
  3. Rangskik die murgpampoentjies op ʼn opdienbord.
  4. Rooster die uieskyfies vir 1-2 minute aan ʼn kant en plaas bo-op murgpampoentjies, gevolg deur die lemoenskyfies.
  5. Plaas die oorblywende bestanddele in ʼn klein mengbak en klits saam. Bedruip die slaai met die slaaisous.
  6. Garneer voor opdiening met van die opsionele bestanddele indien verkies.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.