Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Blomkool-en-soetmieliegereg

Blomkool-en-soetmieliegereg (Foto: Maroela Media)

Bestanddele

  • 1 koppie blomkoolflorette, half gaargemaak
  • 1 appel, grofgekap
  • spek, in blokkies
  • ʼn handvol suikerertjies
  • roosmaryn, van stingel verwyder
  • marjolein
  • sout en peper
  • 1 blikkie suikermielies
  • 1 k kaas

Metode

  1. Plaas die blomkoolflorette in ʼn oondbak. Gooi die appel, spek en suikerertjies bo op.
  2. Maal die roosmaryn en marjolein saam en sprinkel dit ook bo-oor. Geur met sout en peper.
  3. Smeer die suikermielies oor en sprinkel met kaas.
  4. Bak vir ongeveer 20 tot 25 minute teen 180 °

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.