Los die gewone mengelslaai en sit dié slaai voor!
Bestanddele
- 4 e gewone Griekse jogurt
- ½ komkommer
- ⅓ geel soetrissie
- ⅓ rooi soetrissie
- ½ suurlemoen se skil
- olyfolie
- vars gemmer
SOUS
- ½ suurlemoen se sap
- 3 e olyfolie
- sout
- 3 e heuning
VIR OPDIENING
- sout
- paprika
- sesamsaad
- sonneblomsaad
- balsamiese reduksie
Metode
- Smeer ʼn gepaste bord rofweg met die jogurt.
- Sny die komkommer in linte tot jou bak bedek is. Rasper die suurlemoen se skil daaroor, en hou die suurlemoen eenkant.
- Gooi bietjie olyfolie oor.
- Kap die soetrissies grof en gooi dit ook by.
- Rasper bietjie vars gemmer oor die slaai en woel al die bestanddele deurmekaar.
SOUS
- Druk die suurlemoensap in ʼn bakkie uit. Gooi olyfolie, sout en heuning by en meng goed. Gooi dit bo-oor die slaai.
VIR OPDIENING
- Geur met sout en paprika en sprinkel sesam- en sonneblomsaad oor. Bedrup met balsamiese reduksie en dien op.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
Sjoe dit lyk sommer liplekker! Gaan beslis probeer.