Kyk wat maak Lochner de Kock dié week.
Bestanddele
- spinasie, gekap
- kool, gekap
- basiliekruid
- ½ suurlemoen se sap
- vars gemmer
- 3 eiers
- prei
- 1 k meel
- 1 k water
- 1 e bruinsuiker
- sojasous
- olyfolie
Metode
- Meng die spinasie, kool, basiliekruid, suurlemoensap, gemmer, eiers en prei saam in ʼn mengbak.
- Meng nou die meel, water, bruinsuiker en sojasous saam in ʼn aparte bak en meng dit by die spinasiemengsel in.
- Verhit olie in ʼn pan en skep lepels vol van die mengsel in die pan. Braai vir sowat 1 minuut per kant of tot die koekie bruin is.
- Bedien met nog sojasous.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
Wat van n ou gerasperde kasie daarby, Lochner? Morsige mozarella … My mond water behoorlik.
Ek sal versker so ‘n paar lekker gekapte birds eye chilies ook ingooi. Lyk lekker, sjoe.