Soorte resepte:

‘Net koffie’ se arepa

‘Net koffie’ se arepa (Foto: Verskaf)

Dié mieliemeelkoekie is veelsydig en kan as brood saam met ʼn maaltyd voorgesit word of jy kan dit saam met ʼn doopsous opdien.

Bestanddele

  • 2 k mieliemeel
  • 15 ml growwe sout
  • 2 blikkies suikermielies, vir ʼn Suid-Afrikaanse weergawe
  • 2 k water
  • ¼ k olyfolie, of soos nodig
  • mozzarellakaas vir afronding

Wenk

Wanneer jy growwe mieliemeel gebruik, mag dit dalk nodig wees om ʼn eier by jou beslag te voeg.

Metode

  1. In ʼn mengbak, roer die sout by die mieliemeel.
  2. Voeg ʼn bietjie suikermielies op ʼn slag by jou mengsel tot die tekstuur reg is om ʼn balletjie te kan vorm. Die beslag moet nie te nat wees nie.
  3. Voeg water by die beslag, soos nodig om die perfekte balletjie of “plaatkoekie” te vorm.
  4. Maak seker jou pan is die regte temperatuur en voeg jou olie in die pan.
  5. Braai die arepas vir sowat 5 minute aan elke kant. Die oppervlak moet droog word en ʼn kors vorm. Hulle sal effens verbruin, maar moenie dat hulle te veel verbruin nie. As hulle te vinnig verbruin, verlaag die hitte. Voeg nog olie by vir die volgende sarsies soos nodig.
  6. Sit voor saam met mozzarellakaas na smaak.

Hierdie resep is in episode 11 van Net koffie met Henriëtte Marx gemaak. Dit is met vergunning van kykNET geplaas. Vir meer inligting oor die program, besoek kykNET se webwerf.

Net koffie met Henriëtte Marx is Sondagmiddae om 17:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.