Bottel hierdie heerlike beet en haal uit soos nodig.
Lewer 4 x 375 ml bottels
Bestanddele
- 1 kg beet, gaar en gerasper (behou die kookvloeistof)
- 2 groot uie, dun gesny
- 250 g witsuiker
- 125 ml balsamiese asyn
- 75 ml rooiwyn asyn
- 5 jenewerbessies
- 2 lourierblare
- 1 groot takkie vars tiemie
Metode
- Plaas al die bestanddele, insluitende 200 ml van die vloeistof, in ʼn vlekvryestaalkastrol en roer tot die suiker opgelos het.
- Verhit tot kookpunt en kook tot die mengsel stroperig is en stolpunt bereik het.
- Skep in gesteriliseerde bottels en verseël terwyl die mengsel nog warm is. Bedien saam met geroosterde groente, wilds- of varkvleis.
Bron: Koskaskos deur Francois Ferreira
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Klink heerlik. Maar waar kry ‘n mens jenewerbessies?
Yum!