Soorte resepte:

Resep: Beet-en-balsamiese asyn- marmelade

Beet-en-balsamiese asyn- marmelade (Foto: Lapa-uitgewers)

Bottel hierdie heerlike beet en haal uit soos nodig.

Lewer 4 x 375 ml bottels

Bestanddele

  • 1 kg beet, gaar en gerasper (behou die kookvloeistof)
  • 2 groot uie, dun gesny
  • 250 g witsuiker
  • 125 ml balsamiese asyn
  • 75 ml rooiwyn asyn
  • 5 jenewerbessies
  • 2 lourierblare
  • 1 groot takkie vars tiemie

Metode

  1. Plaas al die bestanddele, insluitende 200 ml van die vloeistof, in ʼn vlekvryestaalkastrol en roer tot die suiker opgelos het.
  2. Verhit tot kookpunt en kook tot die mengsel stroperig is en stolpunt bereik het.
  3. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël terwyl die mengsel nog warm is. Bedien saam met geroosterde groente, wilds- of varkvleis.

Bron: Koskaskos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

teesee ·

Jy kan by Diskem kyk- in hulle koue kaste -hulle verkoop verskeidenheid produkte soos bessies in n sakkie of houer en ander produkte of mar net vir hulle war hulle koue kaste almal staan-By Woodlands se tak staan dar n koue kas langs die koeldrank kaste en die produkte is in dardie kas-mar jy sal by Menlyn en ander se takke eers moet hoor anders loer by Woolworths en ook Food Lovers of hulle wel het dalk-dan is dar ook Bakers Bin in Ooste van Pretoria -moontlik het hulle-weet war al hulle takke is nie-groete

teesee ·

Ek het vergeet om te se-dat dit JUNIPER BERRIES in engels is wanneer jy dit gaan koop en soek en as jy dit regtig nie kry net klein botteltjies van GIN EN WHISKEY- meng 2 of 3 eetlepels van elk en gooi dit oor die BERRIES OF BLACK BERRIES wat jy okal kan kry en laat staan rukkie sodat dit biki intrek- dis eintlik die MOUD(malt flavour) geur van die gin en wiskey saam- mar as jy gelukkig is dan kry jy wel JUNIPER BERRIES wat dit sommer kla in het

Eend Bessinger ·

Google (in Afrikaans natuurlik – verander taal na Afrikaans in die stellings) “jenewerbessies handelaars naby my” en hy sal dan jou naaste handelaars kry. Kyk ook by jou plaaslike groentemark. As alternatief kan jy moerbeie gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.