Soorte resepte:

[Resep] Biltongpatee in fillodoppies

Biltongpatee in fillodoppies (Foto: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3)

Biltongpatee in fillodoppies (Foto: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3)

Wie het nou lus om te sukkel? Probeer die heerlike en vinnige biltongpatee in fillodoppies!

Lewer ± 40 happies

Fillodoppies

  • 125 g (¼ blok) botter
  • 250 g (½ pak) fillodeeg

Biltongpatee

  • klont botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • 3 grasuie, gekap
  • 250 ml fyn biltong
  • knippie rooipeper
  • 250 g (1 bakkie) laevetmaaskaas

Metode

Voorverhit die oond tot 200 ˚C.

Vir die fillodoppies:

  1. Smelt die botter en verf op die fillovelle. Sny elke fillovel in vyf stroke. Sny elke strook in vier blokke.
  2. Plaas drie filloblokke skuins op mekaar sodat die puntjies uitstaan en druk in ʼn gesmeerde muffinpannetjie.
  3. Bak vir 6 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houer tot

Vir die biltongpatee:

  1. Verhit die botter en soteer die ui en kruie daarin tot sag. Verwyder van hitte en roer die oorblywende bestanddele
  2. Skep die patee net voor bediening in die

Wenk: Die fillodoppies kan reeds sowat vyf dae vooraf gemaak word.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.