Maroela Media-leser Sophia van Loggerenberg vertel dat hierdie resep ʼn lewenslange familiebondgenoot is en altyd baie goeie aftrek kry wanneer dit gemaak word.
“Ons het een aand by vriende in Mosselbaai gaan braai terwyl ons met vakansie was, my kollega Louise Niemann het hierdie gereg gemaak. Dit was ʼn familieresep van haar skoonpa en het soveel aftrek gekry. Nodeloos om te sê, het dit ʼn familiegunsteling geword!” sê sy.
Stuur vir ons jou familieresep hier!
Bestanddele
- 1 pak opgesnyde botterskorsiepampoen (dit moet botterskorsie wees, geen ander soort pampoen nie)
- 1 pakkie opgesnyde sampioene
- 1 houertjie room
- 1 pakkie bruinuiesop
Metode
- Voeg die botterskorsie en sampioene deurmekaar in oondbak.
- Meng die room met die bruinuiesop en gooi eweredig bo-oor.
- Bak in oond by 180 °C totdat die groente gaar is (nie pap nie) en die sop en room verdik het.
- Dit is ʼn absolute wenner saam met braaivleis.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Soek al lankal na iets ANDERS by braaivleis as slaaie of pap!
Dankie vir die resep . . . klink na n treffer!
Gaan dit beslis maak en toets
Baie dankie vir die wenresep! Ons is baie lief vir botterskorsie, soek altyd na ietsie anders om te doen met die pampoentjie.
Net gou vra, as ek nie opgesnyde botterskorsie kan kry nie, is dit maar gelykstaande aan ‘n medium tot groot botterskorsie?
Dankie weereens!
Metode 1. – sin nie volledig.