Soos ʼn braaibroodjie, maar in ʼn hamburger-rolletjie.
Maroela Media-leser Dina Wiese het vir ons hierdie lekker resep gestuur.
Bestanddele
- 1 tamatie
- 1 ui
- 1 groen soetrissie
- 2 knoffelhuisies, gerasper
- 1 k kaas, gerasper
- 1 e mayonnaise
- sout en peper na smaak
- hamburger-rolletjies
Metode
- Kap die tamatie, ui en soetrissie fyn en meng dit saam met die knoffel, kaas en mayonnaise. Geur met sout en peper.
- Skep die mengsel op hamburger-rolletjies en braai op ʼn rooster tot lekker bros.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Geniet dit Wanner jy nie by vrou lief Wil inkruip nie, Dai knoffel gaan jou in moeilikheid bring.