Soorte resepte:

Resep: Braairolletjie

Foto slegs ter illustrasie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Soos ʼn braaibroodjie, maar in ʼn hamburger-rolletjie.

Maroela Media-leser Dina Wiese het vir ons hierdie lekker resep gestuur.

Bestanddele

  • 1 tamatie
  • 1 ui
  • 1 groen soetrissie
  • 2 knoffelhuisies, gerasper
  • 1 k kaas, gerasper
  • 1 e mayonnaise
  • sout en peper na smaak
  • hamburger-rolletjies

Metode

  1. Kap die tamatie, ui en soetrissie fyn en meng dit saam met die knoffel, kaas en mayonnaise. Geur met sout en peper.
  2. Skep die mengsel op hamburger-rolletjies en braai op ʼn rooster tot lekker bros.

Stuur hier vir ons jou lekker resep aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Hendrik Marthinus

Geniet dit Wanner jy nie by vrou lief Wil inkruip nie, Dai knoffel gaan jou in moeilikheid bring.