Soorte resepte:

Resep: Brokkoliroomsop met croutons

karolin-baitinger

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Karolin Baitinger/Unsplash).

Perfekte dis vir die winter wat op pad is.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 30 ml Clover Mooi River-botter
  • 1 ui, gekap
  • 1 selderystingel, gekap
  • 8 x 250 ml brokkolistukkies
  • 750 ml hoenderaftreksel
  • 45 ml koekmeel
  • 45 ml Clover-volroommelk
  • sout en varsgemaalde peper na smaak

Croutons

  • dag oue dik snye brood
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde peper na smaak
  • 2 ml brandrissievlokkies (opsioneel)

Metode

  1. Smelt 30 ml botter in ʼn middelslagkastrol en soteer die ui en seldery tot sag.
  2. Voeg die brokkoli en hoenderaftreksel by en laat vir 10 minute prut.
  3. Maak die sop in ʼn voedselverwerker of met ʼn stokmenger fyn. Giet die sop terug in die kastrol
  4. Voorverhit die oond tot 100 °C.
  5. Gebruik ʼn klein kastrolletjie en smelt 45 ml botter. Roer die meel deur en voeg die melk geleidelik by.
  6. Geur die sop met sout en peper en hou warm.
  7. Sny die brood in blokkies en plaas in ʼn groot bak. Drup die olyfolie oor, gevolg deur die sout, peper en brandrissievlokkies. Meng goed.
  8. Sprei die broodblokkies op ʼn bakplaat uit en bak vir 15 minute. Bedien die sop saam met die bros croutons.

Bron: Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.