Soorte resepte:

Resep: Camembert-braaibrood

Maroela Media-leser Nicola Kruyshaar het op dié resep afgekom omdat sy altyd op soek is na nuwe maniere om braaibrood op te kikker.

“Ek is baie lief vir Camembert-kaas. Hierdie was maar net een van my eksperimente en almal is altyd mal daaroor,” vertel sy.

“Vir die wat nie van Sevilla (bitterlemoen)‑marmelade hou nie, is die olyf‑en‑brandrissie‑marmelade altyd ʼn ander opsie, maar probeer gerus albei!”

Bestanddele

  • 1 x groot Franse brood
  • ½ botteltjie Camembert‑kaassmeer (verkrygbaar by Checkers)
  • knoffel
  • botter
  • Sevilla‑marmelade of olyf-en‑brandrissie‑marmelade (verkrygbaar by Checkers)

Metode

  1. Sny die Franse brood in skywe sonder om die brood deur te sny, want jy gaan die mengsel tussen die skywe smeer.
  2. Meng nou die Camembert‑kaassmeer, knoffel, botter en Sevilla‑marmelade of die olyf-en-brandrissie‑marmelade (Sevilla‑marmelade en olyf-en-brandrissie‑marmelade moet nie saam op dieselfde broodjie gaan nie).
  3. Smeer lekker dik lae tussen elke skyf brood. Rol toe in tinfoelie en bak teen 180 °C vir sowat 15-20 minute. Maak die broodjie oop en sit vir ’n paar minute onder die oondrooster. Heerlik saam met ’n braai.

Wenk: As jy nie die Camembert-kaassmeer in die hande kan kry nie, kan jy bloot Camembert-kaas teen ʼn lae hitte smelt en dit so gebruik. Probeer ook gerus enige ander marmelade van jou keuse om jou broodjie geur te gee.

Het jy ‘n lekker resep wat mense van moet weet? Stuur vir ons jou resep hier!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.