Soorte resepte:

Resep: Die beste krakerige koolslaai

Die beste krakerige koolslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

“Die tekstuur van gekapte amandels en die soetsurigheid van appelkose sorg vir ʼn ongelooflike resultaat,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal Volume 2.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • ½ kop groenkool, in dun repies gesny
  • 1 groot wortel, gerasper
  • 100 g amandels, gekap
  • 100 g droë appelkose, gekap
  • ½ k ongegeurde volvet-jogurt
  • ½ k mayonnaise
  • sout en peper
  • 2 sprietuie, in dun skyfies gesny

Metode

  1. Plaas die kool en wortel in ʼn groot mengbak.
  2. Voeg die amandels en appelkose by.
  3. Voeg die jogurt en mayonnaise by en meng deeglik. Geur met sout en peper en meng weer goed.
  4. Skep op ʼn mooi opdienbord en garneer met die sprietuie.

Bron: Armand kook kaal Volume 2 deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.