Soorte resepte:

Resep: Driekaas-en-drieblaarslaai

Driekaas-en-drieblaarslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Kikker jou slaai só op!
Lewer 6-8 ruim porsies

Bestanddele

SLAAISOUS

  • 50 ml olyf- of sonneblomolie of ½ van elk
  • 20 ml witwynasyn of wit balsamiese asyn
  • 3 ml sout
  • 3 ml mosterdpoeier
  • 5 ml suiker
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • gemaalde swartpeper

KAAS

  • 100 g feta- of bokmelkkaas, in 1 cm-blokkies gesny
  • 100 g haloemi- of mozzarellakaas, in 1 cm-blokkies gesny
  • 100 g cheddar- of Tusserskaas, in 1 cm-blokkies gesny

BLARE

  • 6-8 jong spinasieblare, gewas en drooggemaak
  • 6-8 slaaiblare (enige soort of gemeng), gewas en drooggemaak
  • 2-3 babakooltjies, buiteblare verwyder indien nodig

OPDIENING

  • vars kruie en babatamaties of Peppadews
  • komkommerrepies of -skyfies

Metode

  1. Meng die slaaisousbestanddele en giet genoeg daarvan oor die kaas om dit oraloor te bedek. Bedek en verkoel minstens een uur of oornag.
  2. Pak die spinasie- en slaaiblare op mekaar, rol op en kerf in dun repies. Kerf die kool in dun repies en meng al die repies liggies saam. Sprinkel ʼn bietjie van die slaaisous oor en meng liggies deur.
  3. Voer die slaaibak of plat dienbord met die blaarmengsel en skep die kaas bo-op.
  4. Garneer soos verkies en sprinkel nog ʼn bietjie slaaisous oor.

Bron: Lekker kuierkos deur Clover

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.