Jy het heel waarskynlik al die bestanddele reeds in jou huis!
Bestanddele
1 x 200 g-pak soutbeskuitjies (bv. Bacon Kips)
6 eiers, hardgekook en gerasper
250 ml gerasperde kaas
genoeg mayonnaise om mengsel klam te maak en balletjies te vorm
1 x 125 g-pak aartappelskyfies, fyngerol
Metode
Rol die soutbeskuitjies fyn.
Meng die beskuitkrummels, eier, kaas en mayonnaise en vorm balletjies.
Rol die balletjies in die fyn aartappelskyfies.
Bêre dit in die yskas in ʼn digverseëlde houer en sit dit as ʼn peuselhappie voor.
Bron: Eet saam
Uitgewer: Lapa
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.