Soorte resepte:

Resep: Eiers uit die 80’s

Eiers uit die 80’s (Foto: Lapa-uitgewers)

“Hierdie gereg is so sprekend van die 80’s, dis om van te skree! Maar ek is immers ʼn 80’s-baba, so dit is in my bloed, ” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 6 eiers
  • 2 t Dijon-mosterd
  • 2 e mayonnaise
  • 1 e suurlemoensap
  • 1 agurkie, fyn gekap
  • varsgemaalde sout en swartpeper
  • Rooipeper
  • Krakerige spekvleis vir garnering (opsioneel)

Metode

  1. Kook die eiers vir 12 minute in ʼn pot met sowat 5 cm water oor hoë hitte.
  2. Verwyder van die hitte en plaas die eiers in ʼn bak koue water sodat dit kan afkoel.
  3. Meng die mosterd, mayonnaise, suurlemoensap en die fyngekapte agurkie in ʼn aparte mengbak. Geur met varsgemaalde sout en peper.
  4. Dop die eiers af, sny elkeen in die helfte deur en verwyder die geel van die eiers.
  5. Voeg die eiergele by jou mayonnaisemengsel. Klits alles deeglik met ʼn klitser of vurk tot sag en romerig.
  6. Vul die eiers met ʼn teelepel of versierspuitsak met jou eiermengsel.
  7. Versier met rooipeper en spek.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.