Soorte resepte:

Resep: Feestelike slaai met granaat en beet

Feestelike slaai met granaat en beet (Foto: Verskaf)

Hierdie is ’n baie maklike resep en die kleure is ’n lus vir die oog.

Genoeg vir 6 tot 8

Bestanddele:

175 g granaatpitte
50 g pekanneute
200 g klein beetjies
75 g wit salotte met blare
75 g wortels
100 g jong spinasieblare
15 g Italiaanse pietersielie
1 appel
120 g pitlose wit druiwe
50 g bosbessies
bloukaas (opsioneel)

Slaaisous:

2 e olyfolie
2 e korrelmosterd
2 e heuning
2 e suurlemoensap
1 g sout

Metode:

Sny die salotte, wortels en appel in klein stukkies.
Meng die spinasie, pietersielie en druiwe.
Dien op in jou gunsteling-slaaibak.
Plaas die beetjies, pekanneute, granate en bosbessies bo-op en rond af met vars gemaalde swartpeper.

Berei die slaaisous voor deur al die bestanddele saam te meng. Roer goed.

Vir meer resepte besoek gerus www.nutritionbyolive.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.