Soorte resepte:

Resep: Feta-en-Peppadew­-doopsous

Feta-en-Peppadew-­doopsous (Foto: Lapa Uitgewers)

“Hier’s vir jou ʼn romerige, dekadente doopsous met twee soorte kaas en die pikante soutsurigheid van egte Suid-Afrikaanse Peppadews,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal 2.

Bestanddele:

  • 100 g mediumvet roomkaas, teen kamertemperatuur
  • 3 e Griekse volvet-jogurt
  • 6 tot 8 Peppadews, gekap
  • 2 fetawiele, gekrummel
  • 1 e grasuie, gekap
  • varsgemaalde sout en swartpeper
  • 50 g okkerneute, baie fyn gekap

Metode:

  1. Plaas die roomkaas, jogurt, Peppadews, feta en grasuie in ʼn voedselverwerker en pols tot so fyn soos jy dit wil hê. Ek verkies ʼn growwerige tekstuur.
  2. Geur met sout en swartpeper.
  3. Roer nou driekwart van die gekapte okkerneute by.
  4. Skep die doopsous in ʼn mooi bakkie en garneer met die oorblywende okkerneute.
  5. Sit voor met keto-kraakbeskuitjies (op bladsy 23 van Armand kook kaal Volume 2), groente-crudites of murgpampoentjie-arancini (op bladsy 99 Armand kook kaal Volume 2).

Bron: Armand kook kaal Volume 2 deur Armand Aucamp
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.