Soorte resepte:

Resep: Franse roosterbrood met sjokoladegeur

Franse roosterbrood met sjokoladegeur (Foto: Lapa-uitgewers)

Bederf jouself met hierdie heerlike Franse roosterbrood vir ontbyt!

Bestanddele

  • 6 eiers
  • 1 t sout
  • 2 t karamelgeursel
  • 2 opgehoopte t kakao
  • 4 snye rogbrood of brood van jou keuse
  • 1 t olyfolie

OPDIENING

  • amandelbotter
  • piesangskyfies
  • bloubessies
  • amandelskaafsels
  • rou heuning
  • kaneel

Metode

  1. Klits die eiers en voeg die sout, geursel en kakao by.
  2. Week die snye brood in die eier totdat dit aan albei kante goed bedek is.
  3. Verhit ʼn pan met olyfolie in. Braai die brood aan albei kante tot gaar en bros.
  4. Smeer die brood met amandelbotter, plaas piesangskyfies bo-op en garneer met bloubessies of ander bessies, amandelskaafsels, heuning en kaneel.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.